Laerskool Hugenote se swemmers het onlangs aan ’n swemgala by Bridge House deelgeneem en baie goed gevaar. Agter is Jaco van Zyl en Ulrich Van der Westhuizen. Voor staan Klaradyn Neethling en André van der Westhuizen. Jaco het goud in die 25 m-borsslag, silwer vir 25 m-vlinderslag, silwer vir 25 m-vryslag, silwer vir 50 m-vryslag en brons in die 50 m-borsslag gewen. Ulrich het silwer vir die 25 m-rugslag en brons vir die 25 m-borsslag gewen. Klaradyn het silwer in die 25 m-borsslag gewen terwyl André brons in die 25 m-borsslag ontvang het.
Swemmers skitter
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.