So het die Paarlse middedorp vanmiddag gelyk toe reën en hael die gebied tref.


’n Frats-storm het chaos veroorsaak in Paarl en Wellington vandag.

Die hemele het behoorlik oopgemaak met hael, swaar reën en stormsterkwinde.

So het die Paarlse middedorp vanmiddag gelyk toe reën en hael die gebied tref.

Die strate is in rivier omskep en wydverspreide oorstromings van wonings en sakepersele is reeds gerapporteer. By Laborie-sentrum in Suider-Paarl het ’n plafon ineengestort.

Die Wemmershoekpad (R301) naby Pearl Valley is verspoel met klippe oral.

Nog reëns word vir die res vandag en vannag voorspel. Alle nooddienste is op gereedheid basies vir nood-bystand van die gemeenskap.

Ingeval van nood bel: 0800 555 337 / 080 131 3553 / 021 807 4500.

Ons hou dit situasie verder dop soos dinge ontvou.

Die strate van die Paarl is vandag in riviere omskep deur ’n frats-storm wat die vallei getref het.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article