Die twee susters en leerders aan die Hoër Meisieskool La Rochelle, Imke Martins (gr. 11) en Kara Martins (gr. 8), het onlangs aan Talent Africa, ’n kompetisie vir uitvoerende kunste, se streeksuitdunne deelgeneem. Die meisies het ’n telling van 82% behaal met hul kontemporêre dans, “Chemicals”. Imke en Kara het na die nasionale kompetisie wat in Oktober gaan plaasvind, deurgedring.
Susters dans by nasionale kompetisie
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.