Bibi Slippers, bekroonde digter, by die Tuin van Digters. Sy het aan verskeie programme deelgeneem. Sy het al talle pryse vir haar debuutbundel, die veelbekroonde, Fotostaat­masjien, gewen en is die samesteller van die Nuwe Stemme se digbundel.


Tuin van Digters met die tema, Uitdagend Skeppend, is vanjaar 15 en 16 September by die Breytenbach-sentrum in Wellington gehou.

Van die hoogtepunte op die program was die huldiging van die digter Wilma Stockenström, ’n gesprek deur PEN Afrikaans oor “Breyten se invloed op die generasies ná hom” en die bekendstelling van Nuwe Stemme 6. Andries Bezuidenhout het ook gesels met Bibi Slippers oor haar veelbekroonde digbundel, Fotostaatmasjien en gesprekke met Jolyn Philips en Corné Coetzee, wat onlangs nuwe bundels gepubliseer het, was ook ’n hoogtepunt. Riku Lätti en die Wasgoedlyn se digtersangers van die nag en Tribal Echo se toonsettings van gedig­te van Adam Small het gaste vermaak.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article