In ’n omsendbrief gemik op die studente van KSUT se Wellington-kampus, is ’n agenda uitgereik wat na bewering studente aangehits het om Woensdag te betoog.

Die agenda het ’n lys van eise gestel wat sê “weg met Afrikaans en rassisme” en “gee boekgelde en kostoelae”, om net ’n paar te noem.

Watter onregverdighede daar ook al mag heers, moet eers bepaal word. Tog het Suid-Afrika ook ’n stadium bereik waar almal wat deel van die samelewing is, ’n hand moet bysit en selfopofferings maak.

Daar moet ’n gees van samewerking heers, hande gevat en gepoog word om te werk vir die goed wat jy benodig om sukses te bereik. Offer jou dienste of talente wanneer jy vir iets vra – of eerder op aandring. So iemand wys mos hy/sy is verdienstig om ’n blink toekoms te hê.

In die woorde van John F. Kennedy: “Ask not what your country can do for you. But ask what you can do for your country.”


Hoopvol,

Wellington

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article