Ek ry onlangs weer op die Wemmershoekpad en dis ’n baie hartseer toneel.
Die Drakenstein-munisipaliteit het my regtig teleurgestel met die hele Paarl wat oorbodig ontwikkel word.
Ek verstaan wat gebeur het en hoe dit gebeur het. Die verantwoordelike mense steel ons nageslagte se natuurerfenis.
Ek kan net dink hoeveel meer as ’n erf en huis in een van die ontwikkelings dit gekos het om koppe te swaai en die “urban edge” te skuif tot by die tronk van waar dit oorspronklik was.
Al die geld vir navorsingskostes ensomeer is myns insiens nou vrugtelose uitgawes. Geen haan sal daarna kraai nie. Gekwalifiseerde oudits is aan die orde van die dag. Politiek is vuil, baie vuil.




