Meer as ’n maand ná die storm in Desember is die oop stuk veld tussen die Hugenote-gemeenskapsaal en die karate-klub steeds vol rommel.

Al die inwoners wat daar in Abattoirstraat en Ambagsvalleistraat woon, kyk uit hul huise op die oop veld vol rommel vas. Dit is nie rommel wat mense hier gestrooi het nie – dit het saam met die water afgekom toe ons strate so oorstroom is.

Ander dele word opgeruim; hier gebeur net mooi niks. As ek nog ’n jong man was, sou ek seker probeer het om op te ruim, maar ek is al ’n afgetrede senior burger.

Ek sien ook ’n klomp klagtes op die Charleston Hill-woonbuurt se groep oor die onkruid wat oral langs en op die sypaadjies groei. Ons betaal ook ten duurste belasting.

Ek hoop die munisipaliteit besoek ons binnekort om hier diens te kom verrig.


Ontevrede,

Paarl-Oos

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article