Sherwin Haradien van Nederburg Primêr en sy span kap dit uit tydens ’n optrede by ’n onlangse opedag van Green School SA.


Die stof gaan staan wanneer die rieldansers los trek by Nederburg Primêr se heel eerste rieldansfees volgende maand.

André Kearns, ’n onderwyser by die skool, sê hulle is opgewonde om die fees op die been te bring. Volgens hom gaan dit ’n jaarlikse instelling word.

“Dit is ’n geskiedkundige gebeurtenis aangesien dit die eerste keer is dat ons die geleentheid aanbied. Dit is mos altyd iets wat ‘daar ver’ gehou word, maar nou is dit hier by ons. Baie dinge moet nog gedoen word, maar ons is positief alles sal goed verloop.”

Die skool is druk besig met die reëlings en om die gemeenskap en gemeenskapsleiers by die geleentheid te betrek.

Verskillende rieldans-spanne van verskeie skole uit die Boland sal deelneem.

Kearns vertel trots dat hul eie span, wat die skool sommer as “stofdansers” gedoop het, ook gaan optree. Deur die fees, sê Kearns, wil hulle die kultuurdans nader aan inwoners bring en sodoende ook kinders se ervaring verbreed.

“Baie van die mense weet nie wat rieldans is nie. Hulle sien dit op die televisie, maar nou bring ons dit na die gemeenskap. Ook, sodat die mense kan bewus word dat daar nog ’n ander afdeling van die kultuur is “wat ons s’n is en dat ons dit moet aanneem en vir die mense wys”.

“So gaan dit groei, want ons wil dit ’n jaarlikse instelling maak. Ons is baie opgewonde en sal graag wil sien wat die mense se reaksie is. Ons kan net daarop voortbou, maar het die hulp van die gemeenskap nodig. Ons gaan die beste van die vertoning maak.”

Die rieldansfees is op 14 Mei by Nederburg Primêr.

Spanne wat wil inskryf, kan die skool by 021 862 1900 kontak.. Nederburg Primary looks forward to hosting its very first ever riel dance festival next month. The festival is set to become an annual event.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article