Ná die ongelooflike sukses van verlede jaar se Steve Hofmeyr Live!-buitelugkonserte op Welbedacht in Wellington is besluit om dit weer te doen – op dieselfde naweek en dieselfde plek!

Steve Hofmeyr Live! op Welbedacht by Schalk Burger & Sons sal op 3 en 4 Februarie plaasvind.

Die konserte sal beperk wees tot 2 500 konsertgangers per dag.

Kaartjieverkope vir vanjaar se konserte is nou oop en die kaartjies vir hierdie skouspel verkoop vinnig uit; bespreek dus so gou as moontlik by www.itickets.co.za

Die hekke open om 16:30 en die eerste vertoning begin om 18:00. Steve se vertoning sal om 19:30 begin.

Verskeie stalletjies met kos en drinkgoed sal beskikbaar wees.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article