Dis nou amper twee dekades van beurtkrag, en kan die regering nou nog nie ’n oplossing kry nie?

Ons as landsburgers bly aan die kortste ent trek. Maar laat dit nou weer verkiesingstyd wees, dan word ons die maan, die sterre en sommer die hele heelal belowe.

Die politici behoort hulself te skaam om van ons sulke gekke te maak. Ons kan net nooit wen nie; ons bly steeds verloor.

En nou trek ons by fase 6-beurtkrag. Waar gaan als eindig? Alles is duur, en hoekom? Want ons bly vir die korrupte leiers stem. Dis ons wat hulle in daai poste hou, maar dis ook ons wat hulle van daai mag kan ontneem.

Ek sit reeds met ’n stukkende vrieskas. Nou sit en bekommer ek myself oor watter toestel dalk volgende kan in gee. Dit lyk amper soos ’n speletjie met die krag wat heeltyd aan en af gesit word.

Versekeringsmaatskappye kom ook nou met allerhande verskonings om uitbetalings te vermy. Ons verdien beter, so ons moet beter stem. Laat ons ontslae raak van die vullis.


Edith Alice,

Paarl

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article