Wellington se immergewilde Stasiefees trek vanjaar ’n blink nuwe baadjie aan en verhuis na sy nuwe feesperseel op Kleijnevallei, op pad na Bainskloof.

Die Stasiefees word vanjaar 5 Mei gehou en sal na verwagting weer ’n fees der feeste wees. Oudergewoonte gaan daar heerlike stalletjies wees met ’n verskeidenheid eet- en drinkgoed, kosdemonstrasies, pret vir die jongspan en musiekvertonings.

Bel Tharina Schweidler by 082 779 4001 vir nog inligting of om ’n stalletjie te bespreek.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article