’n Sondagmiddag-uitstappie op Paarlberg het vir ’n man skeefgeloop nadat hy blykbaar sy enkel gebreek het toe hy oor ’n rots gestruikel het. Die mede-opsigter, wat oor die naweek by die natuurreservaat aan diens was, Peter Fortuin, sê ’n reddingspan van minstens sewe paramedici van Paarl Metro-ambulansdienste en ER het teen die berg uitgeklim om die beseerde stapper by te staan. “Die voorval is omstreeks 15:00 aangemeld en die reddingspan het teen 18:00 die man op ’n draagbaar van die berg af gebring. Die rots waar die man homself beseer het, was tussen 10 en 12 m hoog.” Foto: Wynand Viljoen


Stapper breek enkel tydens uitstappie

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article