’n Spesiale Suid-Afrikaanse Weermag-vereniging (SAWV) -erediens ter ere van uniformdraers in die Boland word op 12 Junie in die Toringkerk in die Paarl gehou.

Die doel van hierdie jaarlikse geleentheid is om aan lede erkenning te gee en dankie te sê vir hul onbaatsugtige diens aan die gemeenskap.

As mede-uniformdraers verstaan hulle as militêre veterane met watter trots die uniform gedra word en ook wat die gepaardgaande verantwoordelikheid behels.

Dus word alle uniformdraers en hul gesinne genooi na die geleentheid, wat om 09:00 begin, vir die amptelike diens om 09:30. Amptelike uniforms moet vir die geleentheid gedra word.

Bevestig asseblief teenwoordigheid teen Vrydag 3 Junie om 12:00 by Stephanie Pienaar vir verversingsdoeleindes: 083 270 5507/pienaarstephanie@gmail.com.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article