Die Wes-Kaapse reënseisoen word hoopvol verwag terwyl damvlakke besig is om te daal.

Teen dié tyd, moet daar nie net ’n gewoonte wees om water te bespaar nie, maar dit moet deel van mens se leefstyl vorm. ’n Onlangse artikel deur die South African het oor die smelting van Antarktiese-sneeukappe gehandel, wat voorstel hoe dit gedeeltes van Suid-Afrika se reënpatrone kan beïnvloed.

Dit blyk dus om as waarskuwing te dien terwyl die reën nog in die Wes-Kaap moet val. Nou dat watersakke weer in gebruik geneem sal word, is dit wys om die ou water op te gaar. Dit kan veelvoudig gebruik word vir skottelgoed of selfs toiletspoelwater.

Die toilet hoef ook nie elke liewe slag getrek te word nie. Trek eers ná elke tweede nommer-een-noot.

’n Emmer in ’n mens se stort kan verbasend hoeveelhede water opgaar, wat oor binneshuis-plante gegiet kan word.

Hierdie is slegs ’n paar voorbeelde, maar die regte ingesteldheid om waterwys te wees, kan liters water spaar.


Waterwys,

Wellington

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article