Op Vrydag 26 Mei tree Almero vir die eerste keer as solo­kunstenaar in Die Bôrdienghuis-teater in Wellington op.

Dit beloof om ’n aand vol stories en vermaak te wees, en die gehoor kan verwag om sy beste en gewildste musiek te hoor, asook ’n hele paar nuwe liedjies.

Almero se naam is al gevestig in die Afrikaanse bedryf. Selfs al spreek almal nie sy naam dieselfde uit nie. “Vuurvas”, “Vloedverlief” en “Monochromie” is ’n paar van sy liedjies wat jy sekerlik al na geluister het wanneer jy oor alles nadink.

Jy het hom dalk ook al hoor sing saam met Bouwer Bosch en Danie Reënwolf.

Almero het in 2016 sy debuut as liedjieskrywer en musikant gemaak met ’n kortspeelplaat in samewerking met Bouwer Bosch. Sedertdien werk hy voltyds as liedjieskrywer.

Sy debuutalbum Maandag is onder meer benoem vir ’n Ghoema-, Aitsa-, en Sama-toekenning. Hy het ook in 2016 die temalied van die film Nul is nie niks nie geskryf en vrygestel.

In 2021 het Almero sy tweede vollengte album vrygestel en onlangs ook nog ’n kortspeelplaat Selfhelp. Sedert sy loopbaan se aanvang betree Almero groot verhoë, onder meer OppiKoppi, Rocking Potch en Rocking Stellies en die Alternatief is Groot-musiekfees saam met mense soos Van Pletzen en Loufi.

Kaartjies vir die optrede Vrydag om 19:00 kos R120 per persoon en kan bespreek word by Jeanine by 061 156 5386.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article