Onwettige padwedrenne het Saterdagaand tot ’n ongeluk net voor die Hugenote-gemeenskapsaal op die Hugenote-verbypad gelei. Die motor is verlate gelaat en eers Sondag deur ’n insleepvoertuig verwyder. Padgebruikers is Sondagoggend vroeg verbaas toe hulle die wrak van die motor op sy dak sien lê het. Die motor het ook die bekende smous-staanplek langs die pad, oorkant die Hugenote-gemeenskapsaal, verpletter. Toe die voertuig die eerste keer gesien is, was daar geen teken van die bestuurder nie. Volgens inwoners van die nabygeleë Charleston Hill-woonbuurt was hierdie voertuig waarskynlik by onwettige middernagtelike padwedrenne, wat gereeld hier plaasvind, betrokke. Lees op bl. 2 oor nog motorongelukke in die vallei.


Onwettige padwedrenne het Saterdagaand gelei tot ’n ongeluk net voor die gemeenskapsaal op die Hugenote-verbypad. Die motor is verlate gelaat en eers Sondag verwyder deur ’n insleepvoertuig.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article