Conrad Poole, die plaaslike burgemeester, was Sondagmiddag een van die sprekers by die roudiens van vyf inwoners van Amstelhof wat verlede week in ’n ongeluk dood is. Honderde inwoners van Amstelhof en die gemeenskap het hulde gebring aan Emile Arendse, Veronica en Vernon Paulse, Cereldine Plaatjies en Elgene van Wyk. Die slagoffers en elf ander mense was op 9 Januarie onderweg na ’n kampeerplek in Saron toe die bakkie waarmee hulle gery het, se band vermoedelik gebars en die bestuurder beheer oor die voertuig verloor het. Emile, Veronica en Vernon is op die toneel dood. Cereldine en Elgene het later in die hospitaal aan hul beserings beswyk.
Slagoffers gegroet
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.