Hedwig Moore (naasregs) van die Christelike Lektuurfonds en Clifford Asia van die Voucher-projek op Wellington het hierdie unieke slaapsakke op Mandeladag aan haweloses op Wellington wat snags langs die straat slaap, uitgedeel.Foto: Johan Nel


Wellingtonners het verlede Vrydag met ’n wye verskeidenheid projekte hulde gebring aan Nelson Mandela. Organisasies soos die Polisieforum het op verskeie plekke op die dorp etes aan haweloses verskaf maar een van die mees ongewone projekte was die een wat deur die Christelike Lektuurfonds (CLF) op die dorp aangebied is.

Die fonds het, in samewerking met ’n bekende organisasie op die dorp, verlede Vrydag die kos voorsien wat aan die haweloses op die dorp wat elke dag kos in ruil vir voedselkoepons ontvang, uitgedeel. Elkeen van die werkloses wat nie ’n behoorlike slaapplek het nie en daarom snags langs die straat op stukke karton en onder los komberse moet slaap, het ook ’n baie spesiale slaapsak van die CLF ontvang om te verseker dat hulle elke nag warm en droog sal slaap.

Die slaapsakke is spesiaal vir die Christelike Lektuurfonds vervaardig en hoewel dit aan die nuwe eienaars ’n warm bed verskaf, is dit so gemaak dat die nuwe eienaars dit elke oggend klein kan opvou om iewers te bêre tot vanaand.

Die slaapsakke bestaan uit groot, plat pastiekhouers waarin koerante geskuif is wat ’n warm bed vorm wanneer jy in die plastiekhouer oopvou en daarin inklim soos in ’n slaapsak.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article