Van links gesels Simone Kemp, ’n kenner in tekstuur van suiwelprodukte, die hoofbeoordelaar Alan Fourie, en Breyton Milford, hoofbestuurder van Agri-Expo, by die SA Suiwelkampioenskap-beoordeling.


Alle suiwelprodusente word genooi om in te skryf vir die 2023- Suid-Afrikaanse Suiwelkampioenskap, die grootste, mees gesogte en oudste suiwelgebeurtenis in die land, wat vanjaar sy 190ste bestaansjaar vier.

Volgens Breyton Milford, hoofbestuurder van Agri-Expo, is die doel van die jaarlikse kampioenskap om uitnemendheid in die Suid-Afrikaanse suiwelbedryf te erken en te bevorder. “Agri-Expo is trots op hierdie mylpaal en sien daarna uit om die suiwelbedryf vir nog baie jare te dien, aangesien hierdie kompetisie vir produsente die maatstaf geword het om hulself teen mekaar te meet.”

Die kampioenskap, wat sedert 1834 deur Agri-Expo aangebied word, lok jaarliks sowat 900 inskrywings van groot, medium en klein vervaardigers. Hierdie suiwelprodukte ding mee om die gesogte titels van SA Kampioen, die Qualité-merk van gehalte en die Produk van die jaar.

Hoe die kompetisie werk
. Enige suiwelprodusent wie se produkte in die handel beskikbaar is, kan inskryf.. Die kampioenskap bestaan uit meer as 100 klasse vir kaas, jogurt, melk, room, roomys, botter en ander produkte. Die wenners in die onderskeie klasse word as die SA kampioen gekroon.. Produkte van uitsonderlike gehalte en wat ’n spesifieke minimumpunt op die internasionale telkaart behaal het, ontvang die Qualité-toekenning, wat deur die suiwelbedryf as die enigste merk van gehalte erken word.. Die produk wat die hoogste punt ontvang, word as die Produk van die jaar aangewys.

Belangrike datums


.
Aanlyn inskrywings het op 1 Maart op die webwerf www.cheesesa.co.za geopen.. Die sluitingsdatum vir inskrywings is Vrydag 24 Maart 2023.. Die beoordeling word op Donderdag 20 en Vrydag 21 April 2023 by Eensgezind buite Durbanville gedoen.. Die SA Suiweltoekennings word Donderdag 25 Mei by Eensgezind buite Durbanville aangebied.

Die SA Suiwelkampioenskap en SA Suiweltoekennings word moontlik gemaak in samewerking met die platinumvennoot Synercore en ander vennote.. Besoek www.cheesesa.co.za, skakel 021 863 1599 of 083 440 1628, of stuur e-pos na dairy@agriexpo.co.za vir nog inligting.,

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article