New Orleans Primêr Skool het onlangs ’n bewusmakingsveldtog oor boelies by die skool gehou. Sprekers wat die leerders toegespreek het, was Hope Olivier, sakebestuurder van die Thuthuzela-sorgsentrum in die Paarl, en die maatskaplike werker Simone Botha. Die skool se maatskaplike werker, Feroze Thompson, het die veldtog begin om leerders in te lig oor boeliegevare by die skool en die verskillende soorte boelies wat op skool aangetref word. Van links is Cailim Vaughan, Tasnique Plaatjies, Greg Resant, Rogue Roux en Miah Claasen.


You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article