Inwoners van The Haven-nagskuiling in Paarl was verlede Donderdagaand (14 Julie) erg geskok toe een van hul mede-inwoners skielik dood is.

Eugene Zwaan, bestuurder van dié nagskuiling, het die dood van ’n 45-jarige inwoner bevestig.

Volgens Zwaan was die man net ’n paar dae by die skuiling toe hy dood is.

Vir inwoners van die nagskuiling was dit soos ’n uittreksel uit ’n rillerfliek. Die man het glo oral in die badkamer en in die gang bloed opgebring.

Die ambulans is vinnig ontbied om die man hospitaal toe te neem, maar hy is ongelukkig oorlede.

Zwaan sê paramedici het bevind dat die oorledene aan natuurlike oorsake dood is.

  • “Hoewel die man net drie dae by ons was, wil ons ook net ons medelye betuig aan die familie in die moeilike tyd,” sê Zwaan.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article