Jerome Amerika vroeër tydens ‘n ter plaatse besoek aan die moordtoneel.

Devidean Moses

Die moordbeskuldigde Jerome Amerika (23) is vanoggend in die Kaapse Hooggeregshof skuldig bevind aan die moord op die 10-jarige Sharmonique Claassen.

Sharmonique, ook bekend as Shuma, was ’n gr. 5-leerder aan die Primêre
Skool Dalweide. Sy is vermoedelik versmoor en verkrag voordat haar liggaam in
’n kombers en swart sak versteek is. Haar hande en voete was glo ook met draad
vasgebind.

Sy het op 27 Februarie spoorloos uit haar ouerhuis in
Irisstraat verdwyn.

’n Uitgebreide soektog na haar is van stapel gestuur
en op Maandagaand, 29 Februarie, ’n dag ná haar 11de verjaardag, is haar lyk in
haar oom se huis op die erf waar Shuma saam haar gesin in ’n opslaanhuis gewoon
het, gevind.

Amerika, ‘n familievriend, is dieselfde aand deur die polisie vir
ondervraging ingeneem en is enkele dae later aangekla vir moord.

Regter Robert Henney het Amerika op sewe aanklagte waaronder ‘n aanklag van moord, 4 aanklagte van verkragting, een van ontvoering en een van geslagsgemeenskap met ‘n minderjarige, skuldig bevind.

Amerika word Maandag 5 Desember gevonnis.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article