’n Verdagte is onlangs ná flink speurwerk tot twaalf jaar tronkstraf gevonnis nadat hy positief verbind is met twaalf huisbrake in die Wellington-gebied.

Wellington-speurder, sers. Carlton Adams, was die ondersoekbeampte.

Volgens Adams is ’n selfoon ná ’n inbraak in een van die klaers se huis gevind.

Die selfoon het nie aan die klaer behoort nie en daarom is vermoed dat dit moontlik die verdagte se selfoon was.

Hy het begin om nommers op die foon te bel in die hoop om die verdagte op te spoor.

Na drie maande se intensiewe ondersoekwerk is Lawrenzo Pietersen (22) vasgetrek.

Die selfoon, en vingerafdrukke wat op ander tonele gekry is, het daartoe gelei dat hy positief met al twaalf huisbrake, wat in November 2015 gepleeg is, verbind kon word.

Die huisbrake het in verskillende areas in die Wellington-gebied plaasgevind.

Hy is op 26 April in die hof tot twaalf jaar tronkstraf gevonnis.

Adams sê uit die ondersoek is vasgestel dat die dief wonings geteiken het waar vensters oopgestaan het.

Die voorvalle het gewoonlik ná 00:00 plaasgevind.

Met die winter wat voorlê, maan Adams inwoners om seker te maak hul deure en vensters is dig toe wanneer hulle gaan slaap of die huis verlaat.

*A Wellington detective had stellar success when he positively linked a suspect to twelve house burglaries in the Wellington area.The suspect was found guilty and was sentenced to twelve years imprisonment.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article