Spelers in 28 spanne (112 spelers) geniet ’n heerlike somersaandspel op die Paarl Rolbalklub se baan. Dié klub bied weer eens sy uiters gewilde Sakeliga aan wat nou vir die 21ste agtereenvolgende jaar gespeel word. Die liga is so gewild dat die veld reeds teen November 2021 vol bespreek was. Die Sakeliga word Dinsdagaande oor ’n tydperk van vyf weke aangebied met die eindronde wat op 1 Maart gespeel gaan word.


You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article