Die afgelope jaar was ’n goeie jaar vir verskeie ondernemings as gevolg van die herstel van ons plaaslike ekonomie tot vlakke van 3 tot 4 jaar gelede wat weer hoop vir ’n beter toekoms gee.
Die einde van die uitdagings met die kragkrisis, dreigende veranderende rentekoerse, inflasie, wisselende oliepryse en sukkelende hawe-infrastruktuur in Kaapstad vir uitvoere duur voort en ons lede se uithouvermoë word voortdurend uitgedaag en ons sakerisiko’s eskaleer elke keer dienooreenkomstig. Ons is nie alleen hierin nie, die wêreld ervaar orals ekonomiese druk. Soos met die afgelope Covid-pandemie en die trae groei van die ekonomie daarna vertrou ons dat ons lede die uitdagings weereens suksesvol sal deurstaan; ons lede is immers risikonemers en innoverende entrepreneurs.
Ons wens ons Sakekamerlede ’n geseënde feestyd en ’n voorspoedige 2024 toe! Mag jul besighede van krag tot krag gaan.
Vriendelike feesgroete.
. Dirk Breytenbach is die voorsitter van die Drakenstein Sakekamer




