Ek is ’n bejaarde vrou.
Nou die dag toe stop ek voor ’n apteek in Hoofstraat, Paarl. Ek het nie ’n disability sticker op my motor nie, omdat ek nog te trots is om een te kry – ek stry nog bietjie teen my ouderdom.
Ek huppel in die apteek in om my artritis-medikasie te kry.
Toe ek uitkom, staan ’n verkeersman gereed om my te skryf. Dit terwyl taxi’s heen en weer jaag en alle soorte padwette verbreek.
Dit maak nie vir my sin nie.
Ná ’n lange gesprek met hom het hy wel sy boekie gebêre.
Maar steeds, hoekom word die sagte teikens geteiken, terwyl die skelms en wetteloses net wegkom met als?




