Die misdaadvoorkomingseenheid van die Paarl-Oos-polisie en lede van die Boland Pops-eenheid het die afgelope naweek saamgewerk en verskeie mense in hegtenis geneem.
Volgens kol. Mzimkulu Jack, Paarl-Oos se vispol-hoof, is altesaam 25 mense weens verskeie klagte in hegtenis geneem. Die verdagtes is almal tussen 17 en 50 jaar oud.
Een moord is die naweek in Groenheuwel aangemeld. Twee vriende het glo in Azaliastraat gesit en drink toe hul geselskap in ’n stryery ontaard het. Die bakleiery het gou handuit geruk toe die 34-jarige slagoffer koelbloedig deur sy vriend doodgesteek is. Die voorval het omstreeks 16:15 afgespeel en die slagoffer is op die toneel dood.
In ’n afsonderlike voorval, ook in Azaliastraat, is ’n 36-jarige man weens die besit van ’n gesteelde voertuig in hegtenis geneem.
Jack sê ’n 60-jarige man van Jan Fiskaalstraat is weens onwettige handel in drank aangekeer.
Hy is met 154 kiste bier in sy besit betrap.
Beamptes het ook iemand in New Orleans weens handel in dwelms in hegtenis geneem en beslag gelê op ’n hoeveelheid tik en R22 810.
Enigiemand met inligting oor enige misdadige bedrywighede kan die inligting anoniem met die polisie deel deur die Stop Misdaad-nommer 08600 10111 te skakel.. The crime prevention unit of Paarl East Police and members of the Boland Pops unit made several arrests over the past weekend.




