Minstens vier polisiewaens het Dinsdag Russells in Lady Greystraat in Paarl se middedorp omring nadat vier gewapende rowers kort voor 13:00 die winkel beroof het. Die verdagtes het met die polisie se aankoms op die toneel reeds gevlug. Paarl-polisie se bevelvoerder, kol. Z. Xela, sê ’n gewapende roof word ondersoek. Hy sê hulle is op soek na vier verdagtes wat die Russells-personeel se selfone gesteel het, maar het nie daarop gedui dat ander goedere of kontant tydens die rooftog gesteel is nie. Een skoot is afgevuur. “Geen beserings is aangemeld nie, en geen inhegtenisnames is op die stadium uitgevoer nie,” sê Xela. Foto: Heleen Rossouw

Credit: SYSTEM

Russells in Lady Greystraat beroof

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article