Die Rusoord-outehuis in die Paarl hou Saterdag 4 Maart sy jaarlikse basaar.
Die basaar begin om 08:00 by die tehuis in Devinestraat.
Besoekers kan oudergewoonte uitsien na heerlike pannekoek, koeke, poedings, pasteie, roosterkoek, burgers en beskuit sowel as vars vrugte en groente.
Pragtige juweliersware sal ook te koop wees, sowel as plante en gebruikte klere en boeke, terwyl ’n witolifanttafel en vele meer ook beskikbaar sal wees.. Kontak Joan-Anne by 082 442 6545 vir nog inligting.


