Die jaarlikse basaar van Rusoord-ouetehuis in Devinestraat in die Paarl vind vanjaar op Saterdag 9 April vanaf 09:00 plaas.

Dié basaar is ’n baie belangrike geldinsamelingsprojek vir die tehuis. Besoekers kan oudergewoonte uitsien na heerlike pannekoek, gebak, sowel as pasteie en boereworsrolle, allerlei lekkergoed asook vermaak in die vorm van lyndans. Die gewilde verkoping van gebruikte boeke, klere en ’n witolifanttafel sal ook beskikbaar wees. Daar sal ook vermaak vir die kinders wees, wat ’n springkasteel insluit.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article