Foto ter illustrasie

Foto: Pexels

Die Second Time Around-markie, ’n inisiatief van die ACVV op Wellington, vind op 24 September in die NG-Moederkerksaal plaas. Die markie sal die Saterdag om 08:00 begin en duur tot 15:00.

Dié ACVV-tak gun jou die ideale geleentheid om die Lenteseisoen met vernuwing en netheid aan te gryp deur jou huis te declutter en op te ruim!

Wat dit nóg beter maak is dat dit jou die geleentheid gun om ’n geldjie te maak!

Hier volg besonderhede soos benodig:

  • Daar is slegs nog R165-tafels (3 m) beskikbaar of ’n oop ruimte as jy jou eie tafel wil bring teen R140 vir die staanplek. Tafels mag een klere-reling voor ook gebruik (verskaf jou eie).
  • Tafels is lank, dus is daar die opsie om met ’n ander persoon te deel.
  • Uitpak-tyd is Vrydag (23 September) van 15:00 tot 17:00. Die mark werk op ’n first come first served-basis, so indien jy eers Saterdag vroeg wil opstel, sal jy moet tevrede wees met wat nog beskikbaar is.
  • Ontvangs van betaling bevestig jou plek.
  • Verkieslik geen kosprodukte nie, maar slegs verpakte voedsel.
  • Maak solank alles bymekaar, prys solank die artikels wat te koop is en dink aan hoe jou tafel bo die res sal uitstaan.
  • Tafeldoeke is noodsaaklik.
  • Bemarkingspamflette sal nog verskaf word soos kostrokke en ander addisionele verskaffers bevestig, soos byvoorbeeld kindervermaak.
  • Finale reëlings sal op 22 September deurgegee word.

MAAR ONTHOU:

– Beman jou eie tafel

– Versier jou eie tafel

– Bring eie kleingeld en betaalmiddel

– Heg pryse aan

– Tafel waar jy enigiets kan weggee is ook toelaatbaar – plaas dit net daar!

Om ’n mens se huis en inhoud te minimaliseer is nie aldag só ’n eenvoudige taak nie. Te gereeld kom ’n mens af op ’n artikel wat oudmodies of bloot onprakties is, maar jy tog te sleg voel om van kant te maak.

Bespreek jou eie stalletjie by die Second Time Around-markie deur Sandra Franken by 082 378 8981 te bel, of stuur ’n WhatsApp na 082 575 4628.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article