Die lang verwagte 2022-WPRFU-rugbyliga skop hierdie naweek af met die meeste Paarl-rugbyspanne weer in aksie.

Die Superliga-A-span van Paarl speel sy eerste wedstryd weg wanneer hy Milnerton pak, terwyl die Superliga-B-span, Young Peoples, die onvoorspelbare en sterk span van Lange op die Dal-B pak.

Albions meet kragte met Morning Stars op Dalj-A.

In die Paarl-streekkompetise kom Violets Paarl teen Paarl Rangers te staan en Perel United teen Young Standards.

Riverstones gaan sy veldtog afskop met ’n wegwedstryd teen Simondium terwyl Young Gardens en Laer Paarl hul liga volgende week begin. Vineyards-wedstryde begin later vanjaar en hy speel Vrydagaand sy laaste vriendskaplike wedstryd op die Faure-stadion.

Ten spyte van vele uitdagings vir spelers, soos swak beligting op alle oefenvelde wat ná twee jaar nog nie opgelos is nie en velde soos Parys wat ongebruik gaan, is alle klubs positief dat 2022 ’n goeie seisoen gaan wees.

Die positiewe gees en merkbare opgewondenheid word by alle spelers en toeskouers bespeur.

Covid-protokol sal wel steeds van toepassing wees vir almal en toeskouers moet bewys kan lewer van Covid-19-inentings. Alle wedstryde is die naweek op Dal Josafat geskeduleer sodat die gees van Paarl-rugby weer kan begin herleef.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article