‘n Groep gewapende rowers is vanoggend na ‘n wilde jaagtog vasgetrek in die Paarl.
Dit volg na ‘n gewapende roof by ‘n winkel op die hoek van Merriman- en Birdstraat op Stellenbosch.
Die rowers het hierna in ‘n Mercedes Benz gevlug, maar sekuriteits- en polisiebeamptes was kort op hul hakke. Die jaagtog het plaasgevind eers in die rigting van die informele nedersetting van Bloekombos naby Kraaifontein en daarna voortgesit na die Paarl.
Bykomende polisie-hulp is ontbied en die rowers is uiteindelik op die hoek van Hoof- en Optenhorststraat in Noorder-Paarl vasgetrek.
Geen verdere inligting is tans beskikbaar nie.




