Wellington se United Roses het die naweek op Bolandpark in Wellington goed met die appelboere van Ceres klaargespeel.
Sy eerstes het Delicious 33-25 geklop deur nie minder nie as vyf drieë te druk.
Die wedstryd is byna deur beurtkrag gekniehalter, wat spel vir 22 minute belemmer het. Albei spanne het hierna sterk teruggekom en elk ’n drie aangeteken.
Marc Andries het twee drieë vir Roses gedruk, gevolg deur Bryan Matthews, Diego Julies en Elton Fortuin wat elk een keer agter die doellyn gaan kuier het.
Die goue skoen van Damian Engledoe het toegesien dat vier van die drieë verdoel word.
Roses se tweede span het sy wedstryd 52-14 gewen en die derdes 10-7.




