Die Paarl-Oos-polisie en ander rolspelers wat by gemeenskapsveiligheid in Drakenstein betrokke is, het die afgelope Saterdag in Paarl-Oos vir ’n sigbare wetstoepassingsoptrede bymekaargekom.
Edgar Petersen, woordvoerder van Paarl-Oos se gemeenskapspolisiëringsforum (GPF), sê die idee met die optrede was om wetstoepassers meer sigbaar en toeganklik in die omgewing te maak – veral in die “rooi sones”.
“Die fokus was misdaadvoorkoming en pamflette is in die Fairyland- en Butterfly House-omgewings uitgedeel. Pamflette lig inwoners in oor die feit dat die koop van gesteelde goedere op sigself ’n misdaad is.
“Ons het ook die Schoongezicht-omgewing aangedoen waar kol. Wellington Stephans sowel as verteenwoordigers van korrektiewe dienste met inwoners in gesprek was.”
Dumisani Mziki (projekkoördineerder van die Drakenstein-munisipaliteit) en Anthony Philander (wetstoepassing) was ook teenwoordig saam met kol. Stephans (die Paarl-Oos-polisie se stasiebevelvoerder); kol. Mzimkulu Jack (Paarl-Oos se hoof van sigbare polisiëring, of Vispol); Raymond Fransman (GPF-voorsitter) en Shireen Anter (GPF-sekretaresse). Lede van die Fairyland-buurtwag was ook betrokke.
Petersen doen verder ’n beroep op inwoners: “Ons nooi almal in Paarl-Oos se gemeenskappe om by hul buurtwagte betrokke te raak sodat ons saam misdaad in ons omgewing kan kelder.”. Paarl East police and other role players involved in community safety in Drakenstein met in Paarl East last Saturday for a visible law enforcement operation.





