Meer as 900 suiwelprodukte ding mee in die 2022 Suid-Afrikaanse Suiwelkampioenskap, die grootste en oudste suiwelkompetisie in Afrika. Die kampioenskap word vanjaar vir die 189ste keer deur Agri-Expo aangebied. Die beoordeling het op Donderdag 24 en Vrydag 25 Februarie by Elsenburg buite Stellenbosch plaasgevind. Van links is die beoordelaars René Groenewald, produkontwikkelaar van Woolworths, en Clement October, kaasmaker van Klein River Cheese buite Stanford, wat albei vanjaar vir die eerste keer beoordeel het, saam met dr. Tertius Cilliers, uitvoerende hoof van Synercore, Johan Ehlers, uitvoerende hoof van Agri-Expo (organiseerder van die kampioenskap) en dr. Mohale Sebopetsa, hoof van die Wes-Kaapse Departement van Landbou, by die beoordeling van die 2022 SA Suiwelkampioenskap by Elsenburg. Die SA Kampioen-, Qualité- en Produk van die Jaar-wenners word op Vrydag 25 Maart by die Suid-Afrikaanse Suiweltoekennings by Cavalli-landgoed in Stellenbosch aangekondig. Belangstellendes kan inskakel by www.cheesesa.co.za/sa-dairy-awards vir ’n hibriede aanbieding.


Reuse-getal inskrywings vir SA Suiwelkampioenskap

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article