’n Mannetjiesboomslang is onlangs deur inwoners van Auretstraat in die Paarl opgemerk en afgeneem. Die plaaslike slangvanger Eduanne Niemand het die bestaan van die slang bevestig en meen die boomslang is heel waarskynlik op soek na ’n “maatjie”. Niemand het ’n foto van die slang ’n paar dae gelede op sy Facebook-blad geplaas. Hy versoek enigiemand wat die slang gewaar, om stil te staan, die slang se bewegings mooi dop te hou en hom by 082 380 1987 te kontak.Foto: Boland Snake Removals 24/7 and Pest Control


Reuse-boomslang ‘op soek na maatjie’ in die Paarl

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article