Hiermee wil Paarl Post ’n regstelling maak oor die Spruitrivier-vergadering wat deur die Drakenstein-munisipaliteit gehou gaan word.
Die verkeerde datum is verlede week deurgegee en lede van die publiek moet kennis neem dat die vergadering eers op 7 September gehou sal word.
Inwoners se ontevredenheid oor die toestand van die Spruitrivier in Wellington het al talle kere die nuus gehaal. Die Drakenstein-munisipaliteit nooi nou alle oewereienaars van die Spruitrivier na ’n vergadering waar probleme rakende dié rivier weer bespreek sal word.
’n Vergadering is ook vroeër vanjaar gehou en die opvolgvergadering word om 10:00 in die Wellington-stadsaal gehou.
Die vordering met die saamstel van die rivierbestuursplan, veiligheid, instandhouding van die rivier, skoonmaakoptredes asook maatskaplike aksies sal bespreek word.
. Belangstellendes kan nog inligting kry deur die munisipaliteit by 021 807 4721 te skakel.