Dimitri Williams, die 23-jarige woordkunstenaar wat die evangelie- boodskap deur middel van rap oordra. Foto:


Die 23-jarige woordkunste­naar van die Paarl wat die evangeliebood­skap deur middel van rap oordra, het met die bekendstelling van sy musiekvideo ook bekend gemaak dat sy eerste boek getiteld Ken jy jouself? binnekort die lig sien.

Volgens Dimitri Williams (ook bekend as “The Believer”) is sy boek “vir elkeen, gelowig en ongelowig, om hulle meer bewus te maak van wie hulle is, waartoe hulle in staat is, en wie in hulle lewe”.

Die boek leer oud en jonk dat die standaard van ’n mens se ware identiteit slegs in Jesus Christus gesetel is.

Dit leer mense ons kan vry van sonde wees, maar om nie opsetlik te sondig nie, want sonde steel jou identiteit as kind van God.

Dimitri het ook genoem die inspirasie vir die boek was omdat hy gekyk het na die gebrokenheid van ons verskillende gemeenskappe.

“Te veel mense is vasgevang in depressie. Ons selfmoordsyfer is hoog omdat mense nie hul identiteit in Christus ken nie,” het hy bygevoeg en afgesluit met “My inspirasie is Jesus Christus. My doel is om jong leiers op te rig vir die koninkryk van God, om siele te wen sodat hulle nie verlore mag gaan nie.”

Dimitri se boek word op 7 Oktober bekend gestel en kan bestel word deur Dimitri by 063 446 1868 te bel of per e-pos by dimitrithebe­liever@­gmail.com

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article