Die Paarl-polisie benodig die publiek se hulp om enige inligting oor ’n halssnoer ter waarde van sowat R70 000, wat op 6 Mei by ’n juwelierswinkel gesteel is, op te spoor. Kapt. Louise du Plessis, ’n polisiewoordvoerder, sê die halssnoer word vermis nadat twee mans en twee vroue die juwelierswinkel binnegegaan het. “Die groep het by die winkelassistent navraag gedoen oor sekere artikels op die vertoonrakke. Eers toe hulle die winkel verlaat, het die winkelassistent besef die halssnoer is gesteel,” vertel Du Plessis. Enigiemand met inligting kan die ondersoekbeampte, AO Terence Sias, by 021 807 4078 of 021 807 4141 bel.Foto: Verskaf
Credit: SYSTEM
R70 000-halssnoer gesteel
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.