Die pragtige watsonia-bolplante, ook bekend as (was)pypies, is weer in volle blom in die Toringkerk-begraafplaas in die Bergrivier-boulevard in die Paarl. Die skouspel is die geesteskind van die Paarlse ortopediese chirurg dr. Wim Gericke. Gericke het byna 20 jaar gelede reeds watsonia-bolle hier geplant. Hy vertel hy was al as jongman lief vir inheemse bolplante en het hulle deur die jare bymekaargemaak. Hy het in ’n stadium ’n oorskot bolle gehad – te veel om in sy eie tuin te plant. Toe besluit hy om die Paarl se historiese begraafplaas daarmee te versier. ’n Bitter pil om te sluk is die feit dat hierdie pragtige begraafplaas stelselmatig verwoes word deur vandale waaraan daar geen keer blyk te wees nie.Foto: Lise Beyers
Credit: SYSTEM
Pypies in volle blom in begraafplaas
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.