Die eerste ronde van die 2022 SA Kaasfees het die afgelope naweek plaasgevind by Groote Post-landgoed naby Darling. “Dit is ’n groot stap vorentoe nadat die fees vir die afgelope twee jaar aan bande gelê is,” sê Johan Ehlers, uitvoerende hoof van Agri-Expo, organiseerder van die SA Kaasfees sedert 2002. “Die SA Kaasfees bied veral ’n geleentheid aan landbou-entrepreneurs soos kleinkaasmakers om hul produkte aan ’n groter gehoor bekend te stel.” Van links is Elna von Schlicht, uitvoerende burgemeester van die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit, WA Hugo van Bettie Bok, Jabulani Chigara van Berries Express, die Wes-Kaapse minister van landbou, dr. Ivan Meyer en Breyton Milford, operasionele bestuurder van Agri-Expo. Kaasliefhebbers kan die komende langnaweek van 30 April tot 2 Mei die SA Kaasfees op Sandringham buite Stellenbosch besoek om kaas en ander lekkernye te proe en te koop, asook ’n vol vermaakprogram met bekende kunstenaars, pas-en-proe ervarings, ’n kaaskerfkompetisie en selfs ’n kans om melkkoeie te leer ken. Kaartjies is by Webtickets te koop (gratis toegang vir kinders onder 13 jaar) en die volledige feesprogram is by www.cheesefestival.co.za beskikbaar.

Credit: SYSTEM

Pure kaasplesier dié naweek op Sandringham!

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article