Dis altyd vir my ’n plesier om my inkopies by die nuwe Drakenstein-sentrum te doen.
Ek kry alles wat ek nodig het of waarna ek soek, altyd daar. Die personeel by die Checkers is altyd behulpsaam. Hulle het ook altyd ’n glimlag op die gesig.
Baie dankie vir jul geduld en hoe mooi julle met elke klant werk. Ons sê dit nie altyd nie, maar ons waardeer julle en die werk wat julle doen.
Selfs die outjies wat die trollies tot by die motors help stoot, is net sulke staatmakers. Dis vir my geen pyn om my geld te bestee op gehaltediens en -produkte by die sentrum nie. Hou so aan met jul goeie diens.
Dit lok net meer mense en is goed vir besigheid. Ek wil nie eens terugdink aan my inkopie-tyd voor die ontstaan van die sentrum nie. Weer eens ’n duisend dankies vir die goeie diens.




