Die volgende inentingsentrums sal vir inwoners wat aan die gegewe vereistes voldoen, beskikbaar gestel word op Saterdag, 24 Julie. Die volgende bestemmings sal inentings fasiliteer binne die tydraamwerke soos verskaf.
Drakenstein: Covid-19-inentings vind plaas op Saterdag, 24 Julie, by TC Newman CDC (09:00 tot 15:00). ’n Maksimum van 400 mense sal geakkomodeer word. Personeel sal hulp met registrasie verskaf.
Die volgende is welkom:
- Mense 50 jaar of ouer wie nog nie die eerste dose van die inenting ontvang het nie.
Vir meer inligting, kontak 021 877 6400.
Stellenbosch: Van Der Stel-Saal in Stellenbosch (08:30 tot 13:00). ’n Maksimum van 300 mense kan geakkommodeer word. Personeel sal hulp met registrasie verskaf.
Wie is genooi?
- Almal bo 50 jaar of ouer wie nog nie die eerste dose van die inenting ontvang het nie (insluitend plaaswerkers).
- Almal 60 jaar of ouers wie nog nie die eerste dose van die inenting ontvang het nie.
- Korrektiewe dienste beamptes.
Vir meer inligting, kontak 021 808 6109.
Langeberg: Montagu Clinic (09:00 tot 14:00). ’n Maksimum van 450 mens kan geakkommodeer word. Personeel sal hulp met registrasie verskaf.
Die volgende is welkom:
- Mense 50 jaar of ouer wie nog nie die eerste dose van die inenting ontvang het nie.
- Mense 60 jaar of ouer wat geregistreer het, maar wat nog wag vir die eerste dose van die inenting.
Vir meer inligting, kontak 023 614 8200.





