Die Drakenstein Sakekamer vier vanjaar sy 76ste bestaansjaar en het sy maandelikse sakekoffie op Vrydag 10 Maart op Laborie-landgoed in die Paarl gehou. Die gasspreker was dr. Willie Cilliers, die voorsitter van AHI (heel regs). Ander lede wat by die oggend se sake-voorlegging betrokke was, is, agter van links, Deon Boshoff van Nashua (wat die oggend geborg het ter viering van hul 50ste bestaansjaar) en Francis Nieuwoudt van die Drakenstein Sakekamer. Voor is Melchior Engelbrecht van BVSA wat ook verantwoordelik is vir Drakenstein Sakekamer se boekhouding, Marisa van Niekerk van Laborie, Naushad Khan, die nuwe bestuurder van Radio KC, en Dirk Breytenbach, voorsitter van Drakenstein Sakekamer.


Praat sake oor ’n lekker koppie koffie

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article