Die Paarl Post-Kersfonds maak elke jaar met die hulp van geldelike skenkings uit die Drakenstein ’n verskil in talle minderbevoorregte mense se lewe.
Lesers word gevra om hul hart oop te maak om die minderbevoorregte gemeenskap te ondersteun deur ’n finansiële skenking te gee.
Alle geld wat aan die Paarl Post-Kersfonds geskenk word, word deur die Gemeenskapskas bestuur en die geld word slegs geskenk aan plaaslike, geouditeerde welsynorganisasies.
Skenkings word in die Gemeenskapskas-rekening (62152029007) by FNB (tak 261150) gedeponeer. Faks die depositostrokie na Paarl Post by 086 559 9644. Alle skenkings sal in Paarl Post erken word. Skenkings kan ook by ons kantoor, Newstraat 1a, afgegee word.





