Die polisie se berede eenheid van Kaapstad het verlede Woensdag op spesiale versoek van die plaaslike polisie die strate van Wellington gepatrolleer. Kol. Johan Barkhuizen, die Wellington-polisie se stasiebevelvoerder, sê hy versoek gereeld die berede eenheid om gebiede wat polisievoertuie nie kan bereik nie, te patrolleer. “Hulle is die taak gegee om die roetes wat verdagtes gereeld gebruik om gesteelde goed te vervoer, te patrolleer. Die verdagtes word dan deursoek en in hegtenis geneem indien hulle nie ’n aanvaarbare verduideliking kan gee oor verdagte artikels wat in hul besit is nie.” Barkhuizen sê die afwesigheid van misdaad is altyd die grootste sukses van enige optrede. “Woensdag se sukses was dat ons sigbaarheid verhoog en by beheerpunte gestaan en boetes uitgeskryf het.” Geen inhegtenisnemings is in verband met ernstige misdaad uitgevoer nie.Foto: Wellington GPF
Polisieperde patrolleer
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.