Lede van die Paarl-Oos-polisie se misdaadvoorkomingseenheid saam met die misdaadintelligensie-eenheid het Maandag ’n vrou van Wisteriastraat, Magnolia vir dwelmhandel in hegtenis geneem.
Kapt. Frederick van Wyk, ’n polisiewoordvoerder, sê die inhegtenisneming kom nadat beamptes ’n lasbrief by die betrokke woning uitgevoer het. Altesaam 33 pakkies tik, 133 Mandrax-tablette, 33 daggasigarette en ’n onbekende bedrag kontant is gekry.
Beamptes het ook toegeslaan by die Springbok-woonstelle in Chicago. ’n Ongelisensieerde .38-Special- rewolwer met ammunisie is gevind sowel as 30 Mandrax-tablette, 10 halwe Mandrax-tablette en sewe daggasigarette.
Van Wyk sê al drie verdagtes sal onderskeidelik in die Paarl-landdroshof verskyn sodra hulle aangekla is van dié misdade.
. Members of the Paarl East police’s crime prevention unit together with the crime intelligence unit arrested a woman from Wisteria Street on Monday for dealing in drugs.





