Wellington-polisie se stasiebevelvoerder, kol. Johan Barkhuizen, sê hulle is steeds op soek na die verdagte wat verlede jaar die geboorte van ’n babaseuntjie vroeg in November verberg het.

Paarl Post het berig dat die lyk van ’n baba in ’n kruidenierswaresakkie binne-in ’n vullisdrom op 5 November in Kerkstraat, Wellington, deur ’n dromkrapper ontdek is.

Barkhuizen het voorheen gesê die pasgebore seuntjie het geen teken van lewe getoon nie. “Die lykie is na die lykshuis geneem waar die lykskouing bepaal het dat dit nie ’n geval van moord was nie. Indien so ondersoek daarop dui dat die baba tydens sy verberging gelewe het, sou die klag na moord verander.”

Barkhuizen het klem gelê op die ernstige aard van so ’n saak, indien dit bevind word dat die baba lewend was tydens die verberging van die liggaam. “Indien moeders die stilgeboorte van ’n baba wegsteek, kan dit egter net as ’n ‘verberging van geboorte’ geklassifiseer word.”

Geen verdagtes is nog in die verband geïdentifiseer nie, en Barkhuizen vra enigiemand met inligting rakende dié voorval moet die ondersoekbeampte, sers. Olivia Whatney, by 021 864 9600 bel. . Wellington police officers are still on the lookout for the suspect responsible for the concealment of birth of a baby boy in November of 2021. The lifeless body of the baby was found by a trash-digger who found the boy in a shopping bag in a trash can in Church Street.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article