’n Skermgreep wys hoe die polisie die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) se stemmateriaal, wat by ’n huis in Mbekweni gevind is, konfiskeer. Skermgreep: Verskaf


Die Wellington-polisie het op 2 Junie op stemmateriaal van die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) beslag gelê nadat inligting ontvang is oor verskeie OVK-items in ’n huis in Mbekweni.

Kol. Johan Barkhuizen, die stasiebevelvoerder van die Wellington-polisie, het dié inligting bevestig.

Volgens ’n gemeenskapsaktivis van Mbekweni, wat op voorwaarde van anonimiteit met die Paarl Post gesels het, is drie tot vyf leë stembokse in die huis gevind, asook ander OVK-materiaal soos ongemerkte stembriewe.

Volgens Barkhuizen is geen gemerkte stembriewe gevind nie.

Twee of drie van die stembokse is gemerk as wyk 8 in Mbekweni en hoort by die Presbiteriaanse kerk se stembokse, maar volgens die gemeenskapsaktivis is dié bokse in die areabestuurder van die OVK se huis in wyk 5 (in Mbekweni) gevind.

Die Onafhanklike Verkiesingskomissie (OVK) se stemmateriaal wat gekonfiskeer is, kom wan wyk agt 8 (in Mbekweni) vanaf die Presbiteriaanse kerk. Skermgreep: Verskaf

Die Onafhanklike Verkiesingskomissie (OVK) se stemmateriaal wat gekonfiskeer is, kom wan wyk agt 8 (in Mbekweni) vanaf die Presbiteriaanse kerk. Skermgreep: Verskaf

Volgens Barkhuizen is die stembokse en ander OVK-materiaal in die omgewing bekend as New Rest gevind.

Die mense [in Mbekweni] het uitgevind van die materiaal, en my [die gemeenskapsaktivis] in kennis gestel, waarna ek na die huis gegaan en die polisie laat kom het.
Mbekweni-gemeenskapsaktivis

“Die mense [in Mbekweni] het uitgevind van die materiaal, en my [die gemeenskapsaktivis] in kennis gestel, waarna ek na die huis gegaan en die polisie laat kom het,” het die gemeenskapsaktivis verduidelik.

Die persoon in wie se besit die OVK-materiaal was, kon nie ’n rede gee hoekom hy dit gehad het nie, en dit is ook waarom die polisie ontbied is.
Mbekweni-gemeenskapsaktivis

“Die persoon in wie se besit die OVK-materiaal was, kon nie ’n rede gee hoekom hy dit gehad het nie, en dit is ook waarom die polisie ontbied is.”

“Die houers is afgeneem en by die Wellington-polisie, wat die saak ondersoek, ingeboek,” sê Barkhuizen.

Volgens die gemeenskapsaktivis bevraagteken hy die feit dat daar nie gebruikte stembriewe gevind is nie, omdat dit weggesteek kon word.

In ’n video wat op sosiale media versprei word, vra die polisie die huiseienaar of daar gebruikte stembriewe is, maar kry nie antwoord nie.

Volgens Lenore Oliver, ’n provinsiale OVK-woordvoerder, was die bokse wat gevind is, “platgedrukte stembusse wat tydens spesiale stemme gebruik is en geen stembriewe bevat het nie, omdat dit op verkiesingsdag leeggemaak is voordat dit getel is”.

Oliver het bevestig dié materiaal moes in die OVK se besit gewees het.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article